Saturday 24 October 2015

Hoekom ek lief is vir Afrikaans





Image result for ek is lief vir afrikaans

Hoekom ek lief is vir Afrikaans

Dan sal ek droom, dan droom ek in my taal. En as ek saans voor ek gaan slaap met my god praat dan praat ek in my taal. Hy verstaan.
Hierdie pragtige woorde uit Chris Chameleon se liedjie verduidelik beslis my liefde vir Afrikaans as taal. Ons taal se woorde sing. Hulle duikel en slaan bollemakiesie. Hulle rondomtalie, wieg bekoor. Jy kan hulle wegblaas in die wind of naderhark om 'n storm los te praat.

Afrikaans is prakties. Sonder nonsens. Ons timmer en werskaf nuwe woorde aanmekaar, want ons is woordmakers. Ons gee name vir aksies: hysbakkies vir "face lift" en vooskoos vir "nerd". Ons het raakse plekname soos Verkeerdevlei, Boegoeberg, Pakhuispas, Noenieput en Pofadder.
Ek praat nie eers van ons beskrywende idiome wat Oubaas in 7de laan altyd so verkeerd kry nie. Net gisteraand het ek weer lekker gelag toe Oubaas se: "Daar is 'n slang in die bos" en "ek is nie deur 'n kalkoen uitgebroei nie." Skielik is ons almal weer bewis van idiome wat ons taal so uniek maak.
Image result for bly kalm en praat afrikaansAfrikaans is ook pure musiek. Verskeie Afrikaanse gedigte word getoonset en in liedjies omskep. En waar het jy nou in enige ander taal al lekkerder woorde gehoor as eina, hoekom, sommer, bakkie, grondboontjiebotter en driepootpot?
Dan waarsku Chameleon se liedjie ons ook dat Afrikaans die gevaar loop om uit te sterf as ons dit nie mooi oppas nie.
My taal die word nie meer gepraat nie, ek hoor haar klank nie meer op straat nie. Sy word aand bande gele, dis seker oor die skande van haar sprekers.
As jy vanmiddag weer jou tablet wil charge, probeer eerder om jou tablet te laai en begin om deur 'n goei Afrikaanse boek te blaai.