Saturday 24 October 2015

Hoekom ek lief is vir Afrikaans





Image result for ek is lief vir afrikaans

Hoekom ek lief is vir Afrikaans

Dan sal ek droom, dan droom ek in my taal. En as ek saans voor ek gaan slaap met my god praat dan praat ek in my taal. Hy verstaan.
Hierdie pragtige woorde uit Chris Chameleon se liedjie verduidelik beslis my liefde vir Afrikaans as taal. Ons taal se woorde sing. Hulle duikel en slaan bollemakiesie. Hulle rondomtalie, wieg bekoor. Jy kan hulle wegblaas in die wind of naderhark om 'n storm los te praat.

Afrikaans is prakties. Sonder nonsens. Ons timmer en werskaf nuwe woorde aanmekaar, want ons is woordmakers. Ons gee name vir aksies: hysbakkies vir "face lift" en vooskoos vir "nerd". Ons het raakse plekname soos Verkeerdevlei, Boegoeberg, Pakhuispas, Noenieput en Pofadder.
Ek praat nie eers van ons beskrywende idiome wat Oubaas in 7de laan altyd so verkeerd kry nie. Net gisteraand het ek weer lekker gelag toe Oubaas se: "Daar is 'n slang in die bos" en "ek is nie deur 'n kalkoen uitgebroei nie." Skielik is ons almal weer bewis van idiome wat ons taal so uniek maak.
Image result for bly kalm en praat afrikaansAfrikaans is ook pure musiek. Verskeie Afrikaanse gedigte word getoonset en in liedjies omskep. En waar het jy nou in enige ander taal al lekkerder woorde gehoor as eina, hoekom, sommer, bakkie, grondboontjiebotter en driepootpot?
Dan waarsku Chameleon se liedjie ons ook dat Afrikaans die gevaar loop om uit te sterf as ons dit nie mooi oppas nie.
My taal die word nie meer gepraat nie, ek hoor haar klank nie meer op straat nie. Sy word aand bande gele, dis seker oor die skande van haar sprekers.
As jy vanmiddag weer jou tablet wil charge, probeer eerder om jou tablet te laai en begin om deur 'n goei Afrikaanse boek te blaai.

Tuesday 30 September 2014

'Plant's vs zombies'




'Plant's vs zombies'




'Plant's vs zombies' is 'n speletjie wat jy op 'n rekenaar, tablet of 'i pad' kan speel. Jy is die plante en jy moet probeer om die 'zombies' dood te maak. As jy dit reggekry het kan jy aanbeweeg na 'n volgende 'level'. Jy kry ook later in die speletjie 'n tuin. Daar is al die plante wat jy al gekry toe jy 'n 'level' gewen het.


Daar kom verskillende soort 'zombies en dit raak al hoe moeiliker. Daar kom 'zombies' met bakens en emmers op hulle koppe om hulle sterker te maak. As die bakens of emmers van hulle koppe afval is hulle 'n gewone 'zombie'. Ek het dit eers op my rekenaar gehad, maar nou is dit op my tablet. Dit is die speletjie 'plant's vs zombies.

Hier is 'n paar fotos van 'plant's vs zombies'.

Tuin






Saturday 27 September 2014

Boererate

Boererate



Het jy al ooit daaran gedink om te maak of jy siek is en by die huis te bly. As jy dit probeer het in die ou dae moes jy kasterolie drink. Dis baie sleg. Die ou mense het aan baie snaakse dinge geglo om skete en pyne te laat verdwyn. As jy hoofpyn gehad het moes jy 'n lap met rou aartappelskyfies en koffiepoeier daarin om jou voorkop bind. As jou keel seer was moes jy 'n warm sokkie om jou nek bind en warm soutwater gorrel.


Maagpyn is behandel deur olyfolie op die maag te vryf en 'n huisie knoffel in jou naeltjie te druk.As jy 'n hoesmiddel nodig gehad het help heuning in water met suurlemoensap.Vir manne wat snork help 'n paar druppels olyfolie en as jy hik moes jy hoendervere rook. Die ergste van alles is dat party van hierdie rate regtig gewerk het. Ek weet nie altyd wat die ergste was nie, die siekte of die
behandeling. So as ek in die ou dae gelewe het sal ek liewers skool toe gaan.




Hier is 'n paar fotos van die dinge wat hulle gebruik het.

Heuning

Kasterolie

Olyfolie

Lap met rou aartappelskyfies

Wednesday 24 September 2014

'Courtrai's got talent'

'Courtrai's got talent'

Ek en my vriend, Mika het aan 'Courtrai's got talent' by ons skool deelgeneem. Dit is 'n kompetisie van sing, dans en instrumet speel. Daar is vier toekenings in elke afdeling en dit is in 'junior' en 'senior' verdeel. Ek en my vriend, Mika het 'n liedjie gesing met die naam "beter as liefde". Sy het eendag by my kom speel en daar het ons besluit dat ons gaan "beter as liefde" by 'Courtrai's got talent' sing.


Ons was baie opgewonde en ons het ons hare gekrul. Ons het eerste gekom van die junior sang en ons het 'n R1000 gewen. Ons het elkeen R500 gewen, want ons moes dit opdeel tussen ons twee. Ek het dit baie geniet en ek was verskriklik bly dat ons gewen het. Ek gaan definitief volgende jaar weer aan 'Courtrai's got talent' deelneem.

Hier is 'n paar fotos van 'Courtrai's got talent'.


Hier is Nina (links) en Mika (Regs).

Sunday 21 September 2014

Simba

Simba

 

Ons het 'n kat en sy naam is Simba. My broer het hom gekry toe hy vyf jaar oud geword het. Ons laat hom toe om ooral rond te loop, want hy loop nooit ver weg nie. Hy is nou ses jaar oud en hy slaap elke aand by my voete. Hy hou daarvan om voels te  vang en hulle in die huis neer te sit.


Ons het al baie kere 'n voel in die huis gekry as ons by die huis aangekom het. Hy hou daarvan om my voete te vang as ek verby hom loop. Hy hou nie daarvan as jy hom optel of vryf nie, want dan sal hy jou krap. As ek partykeer op die bank wil le, kan ek nie, want hy le daar. Ons hou baie van Simba en hy sal altyd deel van ons familie bly.


Hier is 'n paar fotos van hom.

Hier eet hy sy kos.

George

George

Ons het 'n groot hond en sy naam is George. Hy is drie jaar oud en hou daarvan om met 'n bal te speel. As jy vir hom 'n bal gooi gaan haal hy dit en bring dit vir jou terug om dit weer te gooi. Hy hou daarvan om in die rondte te draai en sy stert te probeer vang. Hy drink water uit die swembad, maar hy het sy eie waterbak.


Ons het vir hom 'n trekkerband by die boom opgehang en hy byt dit stukkend. Hy hou nie daarvan as ons weg is nie, want dan kan hy met niemand speel nie. Ons het hom in die dorp George gekoop en toe noem ons hom sommer George. As jy jou hand plat vir hom wys sal hy dit lek. Hy is baie oulik en ons is lief vir hom.







Hier is n paar fotos van George.









Saturday 20 September 2014

Ons nuwe hondjie

Lana



Ons het onlangs n nuwe hondie gekry, want ons ou hond is oorlede. Dit is n tefie en haar naam is Lana. Toe ons haar gekry het was sy ses weke oud, maar nou is sy ag weke oud. Dit is n'staffordshire bullterier' en sy is baie oulik. Sy hou daarvan om jou voete te byt as jy kaalvoet is.

Sy is drie maal kleiner as ons groot hond George. Ons het haar vernoem na ons ou hond Lara om vir haar te onthou. Sy is baie woelig as sy wakker is, maar as sy slaap is sy rustig. Sy is baie oulik en ons sal haar nooit weggee nie.

Hier is n paar fotos van haar.